Apollo 8

Apollo 8
A black sky with a grey, cratered lunar horizon. A small blue Earth with scattered white clouds is just above the horizon, with about two-thirds of the Earth lit by the Sun and the remainder in darkness.
Aardopkoms
Geneem vanaf Apollo 8 deur William Anders[1][2][3]
SendingtipeBemande maanomwentelings-BDM-vlug (C')
OperateurNASA
COSPAR-ID1968-118A Edit this at Wikidata
SATCAT-nr.3626[4]
Sendingstydsduur6 dae, 3 ure, 42 sekondes[5]
Ruimtetuigeienskappe
Ruimtetuig
VervaardigerNorth American Rockwell
Lanseermassa
  • BDM: 28 870 kg[6]
  • BM: 5 621 kg
  • DM: 23 250 kg
  • SC/LM Adapter (afgewerp; verbind LTA met BDM; nie deel van die BDM-tuig nie): 1 840 kg[7]
  • LTA (nie deel van die BDM nie; aan vuurpyl vasgemaak): 9 000 kg[8]
Landingsmassa4 979 kg
Bemanning
Bemanningsgrootte3
Bemanningslede
RoepseinApollo 8
Begin van sending
Lanseerdatum21 Desember 1968 12:51:00 UTC[9]
VuurpylSaturn V SA-503[n 1]
LanseerplekKennedy LC-39A
Einde van sending
Herwin deurUSS Yorktown
Landingsdatum27 Desember 1968 15:51:42 UTC[10]
LandingsplekNoordelike Stille Oseaan
8°8′N 165°1′W / 8.133°N 165.017°W / 8.133; -165.017 (Apollo 8 landing)[10]
Omwentelingsparameters
Perigeumhoogte184,40 km
Apogeumhoogte185,18 km
Helling32,15 grade
Periode88,19 minute
Epog21 Desember 1968 ~13:02 UTC
Rewolusies2
Maan-ruimtetuig
RuimtetuigkomponentBDM
Omwentelingsinvoeging24 Desember 1968 9:59:20 UTC[11]
Omwentelingsvertrek25 Desember 1968, 6:10:17 UTC[10]
Omwentelings10
Omwentelingsparameters
Perikintionhoogte110,6 kg
Apokintionhoogte112,4 kg
Helling12 grade

Van links na regs: Lovell, Anders, Borman 

Apollo 8 (21–27 Desember 1968) was die eerste bemande ruimtetuig wat 'n lae aardwentelbaan om die aarde verlaat het en die eerste bemande ruimtevlug wat die Maan bereik het. Die bemanning het tien keer om die maan gewentel sonder om te land, en het toe veilig na die aarde teruggekeer.[1][2][3] Die drie ruimtevaarders, Frank Borman, James Lovell en William Anders, was die eerste mense wat persoonlik die ander kant van die maan en 'n aardopkoms gesien en gefotografeer het.

Apollo 8 is op 21 Desember 1968 gelanseer en was die tweede bemande ruimtevlug wat in die Verenigde State se Apollo-ruimteprogram gevlieg het na Apollo 7 – wat in 'n wentelbaan om die aarde gebly het. Apollo 8 was die derde vlug en die eerste bemande lansering van die Saturn V-vuurpyl, en was die eerste menslike ruimtevlug vanaf die Kennedy-ruimtesentrum, geleë langs die Kaap Canaveral- ruimtemagstasie in Florida.

Dit was oorspronklik beplan as die tweede bemande Apollo-maanmodule en Apollo-beheer-en-diensmodule (BDM) toetsvlug, wat vroeg in 1969 in 'n elliptiese medium Aarde-wentelbaan sou gegaan het. Die sendingprofiel is in Augustus 1968 verander na 'n meer ambisieuse sending met die bevelmodule alleen wat net om die maan gevlieg moet word. Dit moet reeds in Desember plaasvind, aangesien die maanmodule nog nie gereed was vir sy eerste vlug nie. Ruimtevaarder Jim McDivitt se bemanning, wat opgelei is om die eerste maanmodulevlug in 'n lae Aarde wentelbaan te vlieg, het die bemanning vir die Apollo 9 sending geword, en Borman se bemanning is na die Apollo 8 sending geskuif. Dit het Borman se bemanning met twee tot drie maande minder opleiding en voorbereidingstyd gelaat as wat oorspronklik beplan is, en die beplande maanmodule-opleiding is vervang met maanverbyvlug-navigasie-opleiding.

Apollo 8 het 68 uur geneem om die afstand na die maan af te lê. Die bemanning het in die loop van twintig uur tien keer om die Maan gewentel, waartydens hulle 'n Kersaandtelevisieuitsending gedoen het waarin hulle die eerste tien verse uit die boek Genesis voorgelees het. Die uitsending was destyds die mees gekykte TV-program ooit. Apollo 8 se suksesvolle sending het die weg gebaan vir Apollo 10 en saam met Apollo 11 in Julie 1969, die vervulling van die Amerikaanse president John F. Kennedy se doelwit om 'n man voor die einde van die dekade op die maan te laat land. Die Apollo 8 ruimtevaarders het op 27 Desember 1968 na die aarde teruggekeer toe hul ruimtekapsule in die noordelike Stille Oseaan neergeplons het. Die bemanningslede is aangewys as Time se "Manne van die Jaar" vir 1968 na hul terugkeer.

  1. 1,0 1,1 Overbye, Dennis (21 Desember 2018). "Apollo 8's Earthrise: The Shot Seen Round the World—Half a century ago today, a photograph from the moon helped humans rediscover Earth". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2022. Besoek op 24 Desember 2018.
  2. 2,0 2,1 Boulton, Matthew Myer; Heithaus, Joseph (24 Desember 2018). "We Are All Riders on the Same Planet—Seen from space 50 years ago, Earth appeared as a gift to preserve and cherish. What happened?". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2022. Besoek op 25 Desember 2018.
  3. 3,0 3,1 Widmer, Ted (24 Desember 2018). "What Did Plato Think the Earth Looked Like?—For millenniums, humans have tried to imagine the world in space. Fifty years ago, we finally saw it". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2022. Besoek op 25 Desember 2018.
  4. "Apollo 8". NASA Space Science Data Coordinated Archive. Besoek op 21 November 2019.
  5. "Apollo 8". NASA. 9 Julie 2009. Besoek op 25 November 2018.
  6. "Apollo 8 Press Kit" (PDF) (Press kit). NASA. 15 Desember 1968. pp. 33–34. Release No. 68-208. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2022. Besoek op 28 Junie 2013. The spacecraft mass at launch includes the BM and DM, but excludes the 4 000 kilograms (8 900 lb) Launch Escape System (LES), which was discarded before reaching Earth orbit.
  7. "Pre-Launch Mission Operation Report No. M-932-68-08" (PDF) (Memorandum). NASA. 17 Desember 1968. p. 30. M-932-68-08. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2022. Besoek op 12 Februarie 2019.
  8. "Apollo 8 Mission Report" (PDF). NASA. Februarie 1969. p. A-14. MSC-PA-R-69-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Maart 2013. Besoek op 28 Junie 2013. The mass for LTA-B was less than that of a flying LM, because it was essentially a boilerplate descent stage. A fully loaded, flight-ready LM, like the Eagle from Apollo 11, had a mass of 15 095 kilograms (33 278 lb), including propellants.
  9. "Apollo 8". NASA Space Science Data Coordinated Archive. Besoek op 9 Januarie 2023.
  10. 10,0 10,1 10,2 "Apollo 8 Mission Report" (PDF). NASA. Februarie 1969. p. 3-2. MSC-PA-R-69-1. Besoek op 28 Junie 2013.
  11. "Apollo 8 Mission Report" (PDF). NASA. Februarie 1969. p. 3-1. MSC-PA-R-69-1. Besoek op 8 Mei 2015.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search